Ginnegaap... Jinne, Jaap! Ginny Gap. Ek kan my net voorstel wat 'n Amerikaner van hierdie naam sou maak. Verbaster en verbrou. En moenie eers dink om 'n diftong te gebruik nie. Daai mooi leeu kruip uit die kooi soos elke juffrou wat haar sout werd was ons geleer het.
So knoop 'n tong lelik en misfire die brein tot g'n mens meer kat of gat kan uitmaak nie. Om in Amerika te bly is om jouself van buite af te sien. Elke woord, daad en raad hou die spieel op vir wat 'n mens is, waarvoor mens staan, en hoe jy grootgemaak is. Marmite? Icky salty black yeast? You've got to be kidding me. Maar vir my is daar niks lekkerder nie, want dis die smaak van eerste pouse en kruisbeen sit op die warm teer. Afgerond met aarbei twizzers en sjokolademelk by die snoepie. Brown bag lunch, anyone? I don't think so.
Soms voel als hier in Amerika so bekend mens kom skaars agter jy's immersed in 'n ander kultuur, totdat iets jou onkant vang. It smacks you upside the head dat jy spin. How are you? is nie 'n vraag nie en tuna salad is nou eenmaal nie slaai nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment